Hoofweg 106, Walmer, PE, 6070

Konsultasie Ure

Maandag - Vrydag
08:00 - 10:30
14:00 - 18:30

Saterdag
08:00 - 12:00

Noodgevalle
Na-ure heffing

Saterdag
17:00 - 18:00

Sondae & Publieke Vakansie
09:00 - 11:00
17:00 - 18:00

Kantoor Ure

Maandag - Vrydag
08:00 - 18:30

Saterdag
08:00 - 13:00
17:00 - 18:00

Sondag & Publieke Vakansie 
09:00 - 11:00
17:00 - 18:00

Die Walmer Vet Diere Hospitaal Hondjie Skool is 'n reeks van klasse waar u hondjie sal leer om met ander honde en mense te sosialiseer, beide in hulle eie omgewing en daarbuite.  Inligting sal aan eienaars verskaf word met betrekking tot voeding, versorging, gedragspatrone en die basiese hantering / opvoeding van jong hondjies.

Koste:  Daar is geen koste verbonde aan die 4-week kursus nie.  Ons versoek egter dat u as eienaar sal onderneem om die volle kursus by te woon, aangesien plekke beperk is.
PLEK:  Walmer Vet Diere Hospitaal
TERMYN:  Een les per week oor 'n tydperk van 4weke
TYD:  19h:00 - 20h00
OUDERDOM: Hondjies tussen 7 - 12 weke
Skakel ons gerus vir verdere inligting of om te bespreek vir die volgende kursus.  Ons hoop om u en u nuwe hondjie gou te ontmoet!
Kontak Walmer Diere Hospitaal by 041 581 4000 om meer uit te vind oor ons Hondjie Skool

Inentings Rekord:  Minstens 2 entings is noodsaaklik voor die eerste klas bygewoon word.   In alle gevalle waar 'n hondjie slegs een enting gehad het, stel ons voor dat u 'n spesiale Parvo-virus (Primodog) laat toedien voor die eerste klas.  Skakel ons praktyk gerus indien u meer vrae in die verband het. 

Waarom is die ouderdom belangrik?  Hierdie is die belangrikste sosialisasie en leer fase vir die hondjie.  Gedurende hierdie fase leer hulle hoe om met ander honde te kommunikeer.  Dit gebeur meestal tydens speel-gedrag. 

Rasse:  Enige grootte, ras of kruisras is welkom.

Tipe Kursus:  Ons fokus is om die hondjie te help sosialiseer deur te speel en homself / haarself te geniet.  Die hondjies leer die "liggaamstaal" van ander honde - dit help hulle vir die res van hulle lewe wanneer hulle ander honde ontmoet.  Ons help ook die eienaars om die hondjie se liggaamstaal te verstaan, en sodoende beter te begryp wat hulle probeer doen en se.  Dit help alles om 'n beter verhouding en wedersydse respek tussen hondie en eienaar te bewerkstellig. 

Die hondjie sal ook basiese opdragte soos sit en le aanleer, asook die begin van hoe om aan 'n leiband te stap, en te kom as u hom of haar roep. 

Hondjie klasse - Rita is passievol oor haar hondjie klasse. Dit is gratis, baie voordelig en hope pret.

Soek

Notice board

Exciting new tick and flea products now available - Please ask Reception


Opwindende nuwe bosluis en vlooi behandeling nou beskikbaar - Vra asseblief by Ontvangs

Kontak Ons

Telefoon
041 581 4000
041 581 4267

Faks
041 581 1179

GPS
33 58 672
25 35 227

Hoofweg 106 
Walmer
Port Elizabeth
6070

Na Ure

Nood Nommer
073 443 0582